Friday, September 30, 2011

Meeting the Relatives

I went to photograph the opening of the new chimpanzee enclosure.

Pic used:


What could have been used:













Monday, September 26, 2011

Leon van Nierop


Ek wou iets buite die boks doen vir hierdie shoot en het eintlik die idee by die joernalis gekry wat dit as ‘n grap bedoel het, en toe dink ek dit sal n lekker foto maak. Ek het vir twee volle dae gesukkel om ou film in die hande te kry – ek het UIP en Ster Kinekor probeer, maar hulle kon nie help nie en toe uiteindelik reggekom by Film Factory/Balt Media. Hulle was baie hulpvaardig en het ‘n hele paar rolle film gegee waarmee ek kon speel.

Leon was ook ‘n sport gewees, want nie elke bekende sal in die bad klim en toelaat dat mens hulle met film toegooi en dan afneem nie. Maar hy het gese omdat ek moeite doen, sal hy ook. En deur die hele twee ure wat ek daar was, het hy nie eenkeer gekla of geirriteerd gelyk nie – dit kan nogals beknop raak in so klein kamertjie.

Verder het ek net die film mooi probeer stilleer, wou nie he dit moet lyk of dit Leon verwurg nie. Die mure was wit en ekt dit ook gebruik om lekker baie lug op die onderwerp te kry en minimale skaduwees. Ekt ‘n softbox op my Nikon SB-900 van regs gehad en later op die gesigfoto’s het ek nog ‘n SB-900 van direk agter ook gebruik.

Hierdie was ook die eerste keer wat ek met my nuwe Sandisk Extreme Pro-kaart gebruik het en dit het baie goed gewerk. Die kaarte is gemaak om baie vinnig te wees en het verhoed dat ek ‘n foto mis omdat my kamera besig is, want die foto’s word baie vinnig vanuit die buffer na die kaart geskryf.