Ek kon soos 'n Koning op my bed sit en die hele wereld aanskou:
ek kon my stort sien,
ek kon my wasbak sien,
ek kon my voordeur sien,
ek kon die TV sien en my kamerasak,
ek kon by my venster uitkyk na die enigste lewe wat ek hier gebring het,
'n geel blommetjie versigtig oorgeplant in 'n bak...
vir jou!
Vir twee jaar het ek hier gebly,
vir twee jaar was hierdie my plekkie,
vir twee jaar moes ek gewoond raak aan die yskas se geluide skaars n meter van my af,
vir twee jaar moes ek gewoond raak aan hierdie vertrekkie,
vir twee jaar kon ek my kop hier op my kussing kom neerle...
Wie sou my ooit kon voorberei vir die dag wat my vertroue sou wankel?
Die pyn toe ek agterkom ek kon nie staatmaak op die ysige koue van my yskas nie
en toe ek aande om wakker gele het om te luister na die geluide, die stemme.
Nou is my drome toe gegooi soos die swembad.
My wortels uitgeruk soos die van die plante.
En nou op die vooraand van Die Groot Trek moet ek uitstrek na wat voor is,
maar ek vang myself met verlange in my hande.
Intense verlange.
Hi Cornel ek luv jou poem... Sonskyn
ReplyDelete