Friday, July 23, 2010

CJ









Dit is nie altyd lekker om 'n Maandagoggend-vroegstorie te doen nie. En as daardie storie nog 'n operasie is, is dit minder lekker, want jou brein hardloop weg met prentjies van bloed en gore vroeg op 'n maandagoggend en dit op 'n nugter maag!

CJ is 'n matriekseun van Pretoria wat tydens 'n vierwielmotorfietsongeluk, vyf jaar gelede, byna al sy tande in sy onderkaak verloor het. 'n Groot gedeelte van sy onderkaak is letterlik uit sy mond geruk en hulle het dit op die grond gaan optel na die tyd.

Hierdie operasie was om vir CJ metaalplate in sy kaak te sit sodat dit gerek kan word. Wanneer die proses klaar klaar is, beoog hulle om vir hom spesiale tande in te plant. Die tande is baie duur, maar die maatskappy wat dit vervaardig het goedgunstig die tande geskenk.

Dit was lekker om af te neem, want mens kon sien hoe word CJ se 'glimlag' teruggesit. En vir so iets sal ek enige maandagoggend vroeg opstaan.


No comments:

Post a Comment